" die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94214] |
Sat, 19 June 2004 18:39 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
die miskruier
Breyten Breytenbach
Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?
Ek ook nie
Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril
Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif
Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed
|
|
|
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94257 is 'n antwoord op boodskap #94214] |
Mon, 21 June 2004 12:38 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Daar's baie gedigte soos hierdie.
Dit begin op iets af te stuur,
maar dan raak die digter moeg
en stop.
Max____________________________
"@rogers.com" wrote in message
news:iL%Ac.427$IPa.34@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> die miskruier
> Breyten Breytenbach
>
> Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?
>
> Ek ook nie
>
> Maar dis 'n verskriklike dier
> Soos 'n sendeling in Afrika
> Met sonhelm en donkerbril
>
> Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
> En skarrel klonte son teen die muur
> Op,
> Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif
>
> Hou my dop, kyk ook
> Elke aand sorgvuldig onder u bed
>
|
|
|
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94261 is 'n antwoord op boodskap #94257] |
Mon, 21 June 2004 13:08 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max" skryf
>
> Dit begin op iets af te stuur,
> maar dan raak die digter moeg
>
> en stop.
Dink jy nie dat die ding wat mens die ernstigste
moet opneem, juis die boodskap is wat hy aan
die einde vir jou gee nie?
Ek stem egter met jou saam. 'n Goeie gedig
boei jou van begin tot end, en vang jou in
die suksesvolle rymskema vas.
Ek dink nie Breytenbach is so 'n gróót
digter as wat hulle soms wil uitmaak nie.
Miskien was sy invloed groter as gevolg
van waaroor hy geskryf het as wat hoe
hy geskryf het.
Gloudina
|
|
|
Re: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94263 is 'n antwoord op boodskap #94261] |
Mon, 21 June 2004 13:12 |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:z5BBc.107$u1A.92@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com.. .
>
> "Max" skryf
>>
>> Dit begin op iets af te stuur,
>> maar dan raak die digter moeg
>>
>> en stop.
>
> Dink jy nie dat die ding wat mens die ernstigste
> moet opneem, juis die boodskap is wat hy aan
> die einde vir jou gee nie?
> Ek stem egter met jou saam. 'n Goeie gedig
> boei jou van begin tot end, en vang jou in
> die suksesvolle rymskema vas.
> Ek dink nie Breytenbach is so 'n gróót
> digter as wat hulle soms wil uitmaak nie.
> Miskien was sy invloed groter as gevolg
> van waaroor hy geskryf het as wat hoe
> hy geskryf het.
>
> Gloudina
>
Ek was nie lus vir die gedig nie. Ek's baie besig en my kop pyn, maar tog
het die eerste reëltjies my nogal vasgevang. Net toe ek lekker lees, toe
stop hy. En die gedig is nie eers mooi afgesluit nie. (Dis nou mý opinie!)
As ek later bietjie tyd het gaan ek gou kyk in die argiewe of ek meer van BB
se gedigte kan vind, want eintlik hou ek nogal van sy manier van skryf... Ek
hou net nie daarvan as hy mens so in die lug los aan die einde nie.
Max____________________________
|
|
|